Ek is geen kenner van tegniek. Geen opgeleide chef.
Maar ek is mal oor eet, proe, en droom oor lekker kos. Ek gaan jou nie hier probeer vertel van komyn gemarineerde hoenderbors wat liggies gestreep in ‘n griddle pan is, voor dit opgedien is nie – hier gaan ek jou vertel of dit ‘n lekker plek is waar mens lekker eet, en welkom voel.
Hierdie resensie blog is ‘n weergawe van wat EK ervaar het by die betrokke restaurant. Moenie dit as die alfa en omega aanvaar nie, en gee terugvoering as jou ervaring anders was.
Ek het al by my gunsteling restaurant ‘n slegte ervaring gehad. Shit happens. En die chef is ook nie altyd in dieselfde bui nie – daarom sal dinge nooit dieselfde proe nie!
Lekker lees. Lekker eet.
Hoor hier, thx vir dié blog – ek sal weer kom lees.
Ek is hoeka op soek na die beste ontbytplekkie op die Bos.
Mnr. Muller, moenie op ‘n reenerige dag verby Julian’s stap nie!
Daar is min dinge so lekker soos om rem te skop agter ‘n stomende koppie koffie, terwyl die res van die wereld anderkant die glas, koes vir die reen!
En dan is daar altyd die Neelsie! Ons het in die duikseisoen, as die getye dit toegelaat het, eers gou ‘n bordjie spek en eiers daar gaan nuttig, voor ons die seepad gevat het. Studente grub, maar wie worry as jy honger is, om by ‘n houtbankie te sit!
En daar’s altyd The Trumpet Tree (ou Oom Samie se restaurant) waar brekvis onder die bougainvillia en trompet rank-arms heerlik afgaan!
Janee, ek beplan juis om môre of oormôre Trumpet Tree te gaan uitprobeer.
Van Neelsie se kos en Julian’s se koffie het ek al baie van gehad, hehe
Nee maar dan is jy ‘n man op die regte pad! Laat weet as jy iets die moeite werd raak-eet op ons dorp…