DE KELDER PLATTEKLOOF

As jy hou van 40% afslag op pizza en pasta op ‘n Woensdagaand, en nie omgee dat die kaas op jou pizza geprosesseerde kaas is nie, is De Kelder in Plattekloof die plek vir jou!  Mom remembered Melrose – en sy het my pizza daarmee gesmeer, YUK!!!

Dis nou AS die regte pizza wat jy bestel het, by jou uitkom!  Myne was heel verkeerd, al is die bestelling neergeskryf, en die tafel was feitlik klaar met hulle kos toe my regte pizza opdaag.  Snaaks dat kelners nie meer geleer word om verskoning te maak vir hulle foute nie.  Gladnie.  Niks!  Swak sou ek reken.

Die pizza was goor.  Ek eet by Simonsrust Spar die beste pizzas ooit, en hierdie chef kan daar gaan leer.

Die res van die kos was heel smaaklik (ja, ek het happies hier en daar gesteel) en duidelik word die special vir die dag met afskeep bestanddele voorberei.  

Gaan loer gerus.  Dis maar ‘n pub gevoel met pub kos.  Ek is spyt dat ons nie liewers by Cattle Baron langsaan ingeloop het nie.

 

DE KELDER PLATTEKLOOF

021 9111024

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.