GENKI

Toe ek my eerste hap van die calamari legs neem, kon ek nie help om in my geestesoog te sien hoe Skoorlief ‘n seekat op die rotse die ewigheid inhelp nie!  Nietemin het ons besluit om dalk vanjaar ons eie seekat so te probeer bewerk – mens weet nooit, as hulle dit in Sardinie kan hang oor ‘n wasgoedlyn om winddroog te word, en dit dan heerlik op ‘n rooster en warm kole te toor tot smulkos, wat keer ons?  Mind you, is onse 8-potiges dieselfde as Sardinie se 8-potiges??

Genki is ‘n sushi en Japanese Tapas Bar wat darem opmaak vir die leemte wat The Fishmonger gelaat het, nadat hebsug en magsbeheptheid hulle uit hulle plek gedryf het (pasop, die Broederbonders is nog met ons).

Jy kan lekker sit en eet aan hulle spyskaart se offergawes, maar die sushi porsies is effe teleurstellend wat die grootte betref.  Die kos word smaakvol voorberei en is sommer mooi op die oog. 

Die stryd is dus half gewonne wanneer die kos by die tafel kom.  Ek moet hulle komplimenteer op die vinnige diens.  Veral as mens honger of haastig is.

Die diens is heel vriendelik, die ambiance fantasties, veral op ‘n mooi aand in die oopte onder die platane, en die kos gladnie sleg nie.

Gryp ‘n geliefde en sit af na Genki!  Dis net jammer hulle is nie Sondae oop nie – dis gewoonlik wanneer so ‘n plek my sou kon help om my geld uit te leef.

 

GENKI

De Wet Sentrum Quad (agterkant van die Spur)

021 8875699

5 Responses to GENKI

  1. kaneelsuiker says:

    Arigatou gozaimasu!

  2. Skoor says:

    ang aking mga tagasalin na ito ay hindi nagtatrabaho!
    :lol:

  3. kaneelsuiker says:

    Haha, dog ek sê maar net dankie in Japanees.
    Genki beteken gesond en lewendig. :)

  4. Dion says:

    Suzuki! Kawasaki Yamaha! :mrgreen:
    Klink lekker Skorie. Ek en die Irishman beplan juis om volgende jaar ‘n trippie wynroete se kant toe in te werk, so ek wil vroegtydig weet waar lekker weiplekke is.

  5. Skoor says:

    Ken hom so KS, rond en gesond en SPRINGlewendig :lol:

    Dion, jy het HONDA vergeet jou ou Kymco. Julle moet verseker hier kom wei. Bly weg uit die Spur en die Wimpy en be daring – daar is genoeg opsies op hierdie blog, en vele meer!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.