Stap jy oor middagete een van die twee ingange van die Eastern Food Bazaar raak, wonder jy of daar ‘n veiling van ‘n soort binne aan’t gebeure is. Dis mense in toue en almal staar na dieselfde kant en beduie en dit raas en mens wonder of jy as Boeregesiggie welkom sal wees daar binne!
Jy is. Heeltemal. Dis die vreemdste eetplek wat ek in ‘n lang tyd raakgestap het, en ek moes byna ‘n taxi kry om my na my kar te neem, soveel het ek geeet vir onder R50!!!
Gaan waar die geure jou lei, en val in die tou in. Bestel waarvoor jy lus is, en neem jou betaalstrokie na die toonbank en die chefs maak seker jou dis word vars voorberei. Gryp ‘n tafel, en val weg aan ‘n smaaksensasie in ‘n eiesoortige spasie.
Moenie hierdie geleentheid misloop om heerlike Oosterse kosse te probeer nie. En as jy nie vol is nie, kan jy altyd ‘n 10-stuks Falafel balletjies met verskeie souse gaan kry teen ‘n skamele R10 en hoop jy is naby genoeg parkeer!
Eastern Food Bazaar
96 Longmarket Street
Kaapstad
021 4612458