Julian’s is dood. Die vriendelik blondes het verkoop en gewaai. Of so lyk dit…
Nou staan daar ‘n nuwe naam op ‘n ou spot, en ‘n hideous kleur bar by die ingang wat met GOUE paaltjies omlyn is.
Moenie ‘n fout maak nie – die res van die interior is nogal mooi. Enige plek wat ‘n pic van Marilyn Monroe teen die muur het, kry ‘n thumbs-up van my.
Maar soos my geliefde uiter: dit vat ‘n regte swak chef om lasagne op te neuk!
Loop maar draaie om die kos. My lasagne was die swakste wat ek in my hele bestaan gehad het. Die maalvleis se aanbrandsels is met ‘n oordaad tamatie pasta probeer verbloem, terwyl ‘n skrapse pasta lagie bo-op, met die een of ander sous wat na ontvriesing soos platgerolde witbrood gelyk, geproe en die tekstuur gehad het, dit as die volmaakte f*kop afgerond het.
Lasagne word ge’layer’ en met regte witsous tusssen-in gemaak, propvol pasta en borrelende kaas. Nie ‘n klein stukkie kurkdroe ietsie in die middel van ‘n bord, neffens die ou look Julian’s slaai nie!
En om ‘n sout spanakopita met tamatie en uie smoor wat soeter as ‘n pot heuning is, toe te gooi, laat my wonder of Hilda nie dalk in die kombuis werk en haar soet/suur kombinasies op die kliente toets nie.
Nee wat, vir daardie prys loop ek sommer Roman’s toe en koop lasagne daar. Dit lyk beter, smaak beter, en kos baie minder.
Ek sal gaan koffie drink by die tafels oorgetrek met ‘n nagemaakte slangvel effek, maar ek eet by my eie huis.
CELEBRATE
Andringastraat
Stellenbosch
Skoor! Ek hoop iemand vertel die plekke van jou resensies en dat daardie ouens kom kyk wat jy sê en dat die wat so swak is iets doen omtrent hulle besigheid. Sies vir Checkers!
LOL Nikita, mens kan vreeslike siektes kry van ‘af’ kos.
Ja, ek wil nie as Skoorbitch bekend staan nie, maar as dit ‘n riglyn kan wees vir eters soos ek, then be it, en ek is gelukkig!
Nee Skoor, jy vertel tog ook positiewe dinge wat plekke kan gebruik om hul “image” te “boost”.
Dis nou al amper ‘n jaar later! Die vriendelike blond is terug….en ons het vandag die heerlikste, romerigste lasagne gemaak. Alles uitverkoop!!!
Come and be my guest.
Maar my! Vertel hoekom die vriendelike blond terug is, en hoekom jy so lank gevat het om terug te kom?
En jy sal meer moet maak, jy weet nooit wanneer Skoor in die aand instap en lasagne demand nie… Is die res van die spyskaart ook weer onder jou hand en hart?
Eish, nog iets. Daar was 2 van julle blondes. Hoe weet jy dat ek bedoel jy is die vriendelike een?
Awaiting your response. Eagerly!
Natuurlik is ek die vriendelike een anders sou ek nooit reply het nie, en net “by the way” ek love my oor getrekte tafels.
Lang storie oor die jaar wat veby is…die bou by die Mall help ook nie altyd nie, maar ons is positief oor die eind produk!
‘n Heerlike stil, sypaadjie waar jy kan sit en die beeldskone Stellenbosch kan geniet met ‘n lavazza koffie.
Ons doen nou iets nuuts met ons menu. Elke dag is daar ‘n special, lekker bord kos!Kom loer in wat ons die week maak.
Pizzas is ook nuut op ons menu.En ja, ek probeer alles onder my hand en hart hou!
Off course jy IS die vriendelike blonde! Hoe kon ek twyfel
Ek kan nie wag dat die bouery ophou nie. Oor die stil sypaadjie kan mens seker net droom. Tensy die verkeer en die voetgangers herlei gaan word?
Probeer Tappas en lok die mense wat klaar gewerk is, en asem wil skep. Net ‘n idee.
Sal kom loer. En by jou geliefde tafels kom plaasneem!
(is jou pizzas so lekker soos Gino’s en Simonsrust Spar s’n??)