HILLCREST BERRY FARM – BANHOEK VALLEI

Die Here het die aarde gemaak.  En toe maak Hy die Banhoek vallei.

En toe laat Hy my vir amper 20 jaar daar woon.

Daarom kan ek met oortuiging se dat die uitsig vanaf die Bessie Plaas se stoep, een van die mooistes is.  Maar die heel mooiste is van die berg AGTER die restaurant.  Aan sy voete het ek grootgeword.  En voor sy skoonheid het ek geswig.

Die restaurant is ‘n absolute lus vir die oog, maag en siel.  Selfs al eet jy net ‘n scone en ‘n koppie koffie, is daar min wat verkeerd kan gaan.

Wintertyd knetter die kaggel verwelkomend, en in die somer kan jy op die stoep sit en die berglug inadem.

Toe.  Glip berg-op en gaan voed jou lyf en siel.  Dis lekker.  Dis mooi.  Dis goed vir jou!

Hillcrest Berries

Tussen Stellenbosch en Franschhoek, draai links net na die Kylemore afdraai op jou regterkant (as jy van Stellenbosch ry)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.