Pasop as jy moet pay as you weigh! Ek het nog altyd weggeskram van die idee, maar lekker in die gat getrap toe ons gaan eet waar die ‘locals eet’.
Delhi Diner ruik pure kerrie en lekkertes wanneer jy die deur oopstoot, en die ry kos is lekker om te sien, maar om darem vir ‘n klomp kerrie aartappels ‘n plaas se prys te betaal, steek my dwars in die krop!
Die vleis is regtig afskeep snitte, en pasop, jy skep bene wat die vorm van ‘n vleisblokkie het, en betaal vir daai vermorsde gewig! Die effe stukkies vleis wat wel nie bene was nie, was regtig taai en onsmaaklik. En die hope klein bene in die kerrie het amper my tande hel toe gekraak!
Nee wat, ek is oortuig dat ek, Boervrou Skoor, ‘n baie beter kerrie en breyani kook as wat daar in die pay as you weigh ry voorgesit was. Solank ek die ‘spice mix’ by Woolies koop, en behoorlike snitte vleis gebruik, skop ek enige dag hulle gat.
Jy is gewaarsku, maar as jy wil opskep, weeg, betaal en die bord in die mikrogolf teen die muur WIL warm maak, gaan voort, miskien het hulle al beter vleis, en minder aartappels. Hulle sien my egter nie sommer weer nie.
Delhi Diner
Shop 2
Melcksloot Village
Somerset Mall
021 852 2356