THE TRUMPET TREE – DORPSTRAAT STELLENBOSCH

Onder ons neuse het die transformasie van ‘Oom Samie se Winkel se Tuinrestaurant’ plaasgevind na The Trumpet Tree.  En as amper boorling van die dorp, en gesoute eter by Oom Samie, was hierdie transformasie vir my een te veel.  Daarom het ek maar keer op keer verby gehou, en nie belang gestel in wat hulle bied nie.

Tot ons vroeger die week die fietse intrap dorp toe, en doodmoeg en flou honger, Dorpstraat inwiel.  En besluit om in te draai by Trumpet Tree.

Die tuin is amper dieselfde, maar die veranderinge duidelik sigbaar vir die ou oog.  Die spyskaart van Boerekos het plekgemaak vir burgers met ciabatta en ander funky kos.  Ons het ‘n brekvis gedoen, en was baie beindruk met die kwaliteit, die kwantiteit en die prys.

Meer sal ek nie se nie.  As jy in die dag jouself in Dorpstraat bevind, en lekker onder die trompet boom met sy bougainvillia maatjie wil gaan sit en luister na die waterfeature, doen daar aan.  Sawens is egter vir die jongelinge gereserveer, en sal jy nie stilte kan inadem nie.

The Trumpet Tree

Dorpstraat

Stellenbosch

11 Responses to THE TRUMPET TREE – DORPSTRAAT STELLENBOSCH

  1. mnr.muller says:

    Hey, Skoor – ek’t toe Saterdagoggend by Trumpet Tree gaan brekfis; hier is my kritiek:

    1. Die atmosfeer is outentiek: daar is ‘n hoenderhaan wat op die werf rondskrop en jy word teruggevoer na Oom Samie se Winkel se era.

    2. Die hele restaurant is onder ‘n boombedekking – dalk ‘n lafenis in die somer, maar ‘n bietjie kil as jy sou wou mik vir ‘n wintersonnetjie.

    3. Die diens was knap, maar ons moes die kelner herinner aan die sap wat by die ontbyt ingesluit is.

    4. Koffie is nie ingesluit by die prys nie, dus werk ‘n standard English breakfast met ‘n koffie duurder uit as by Java (wat ek maar as maatstaf gebruik). Hulle is egter soortgelyk beprys as Blue Orange (oorkant die straat).

    5. Die spek en eiers, en bruinbrood (volgraan nie op die spyskaart nie) is effens onaptytwekkend aangebied op ‘n groot bord wat die klein porsiegrootte beklemtoon. Die roereier was grys gekook.

    In die geheel heel aangenaam – ek het ná die tyd weer deur Oom Samie se winkel geslenter, maar ek is nie oorgehaal om wéér daar te eet nie. Sal maklik oor die pad wandel of dalk selfs by Melissa’s opdok.

  2. Skoor says:

    Excellent Mnr. Muller! Dis wat ons wil lees op die blog. Want iewers gaan daai manne hul eie restaurant google (ek kry baaaie hits vir TT) en sien watse terugvoering gegee word.

    Die haan se naam is Klasie, en ek dink hy was gelukkiger in die ‘ou’ tuin.

    Reg aan die begin was die brekkie ‘n bargain. En die koffie was ingesluit met die sap. En dit was die goedkoopste in die straat.

    Melissa’s? Nee hel, dan eet ek eerder ‘n BP paai! :lol:

  3. mnr.muller says:

    Wel, ek’t grootgeword met Kloofstraat se Melissa’s oorkant my skool en ek sal vir hulle krediet gee dat hulle geloop het met die idee van organics en tuisgebak ‘n dekade voor enigiemand anders in SA.

    Hulle is egter te duur en gemik op ‘n baie selektiewe mark. Tog, van kwaliteit is jy verseker.

  4. Neil says:

    ha ha ha, ek LOVE die Trumpet Tree…alhoewel ek nog nooit daar was nie.

  5. Skoor says:

    Vat jou geliefde aan die hand en gaan drink ‘n hane stertjie na werk!

  6. Barney says:

    Nou ja. Jy was reg. Ek lees toe die blog en neem nou kennis van die brekfis.
    Ai, tog is ek so jammer dat jou ondervinding nie fantasties was nie. Ek maak vandag ‘n belofte dat ek gaan streef om elke persoon wat hier eet, te spoil.

    Neem tog kennis dat die spyskaart wel verander het. Ons het nou meer geregte om van te kies. Ons het ook nou permanente toesig in die kombuis om te verseker dat die kos tops is.
    Ek hoop regtig ek sien julle weer.

    Groete

    Barney
    Bestuurder

  7. Skoor says:

    Sien! Die blog het ‘n doel.

    Welkom Barney, en dankie vir jou terugvoer.

    Sien jou as die oggende warmer word.

  8. Skoor says:

    Nou moet die Trumpet Tree net aandag aan hulle badkamers se toestand skenk.

    Liewejimmil, ek het my piepie weggeskrik vir hoe dit daar lyk! Ek kan dit nie verdra as ‘n restaurant se badkamers soos ‘n derderangse plek lyk nie. Gebreek en aaaaaklig. NEE MAN TRUMPET TREE!!!

  9. Het nou op jou blog afgekom op soek na beskuit resepte en toe, omdat ek jaaaarrrre in die restuarant bedryf was (baie van hulle in die bos) noodgedwonge jou resensies begin lees.

    Was so amper ‘n maand terug by TT vir ‘n Morgenhof restaurant reunie. Die plek het goed gedoen vir ‘n lekker gesellige aand waar mense wil praat en luister. Ek haat dit as mens sukkel om ‘n gesprek te volg a.g.v. oorverdownde musiek in ‘n eetplek. Anyway…

    Ek was verbaas om teen die einde van die aand met ‘n rekening van +/- R100 daar uit te loop! Ek het nachos (wat ‘n bietjie soggy na my sin was), ‘n appletiser, koffie, ‘n chicken mayo trammezzini, en ‘n glas wyn gehad. What a bargain! Die enigste ding waaroor ek wel kan kla is die feit dat daar nie heaters was nie. OUCH!

    My verdict – as jy soek vir ‘n plek wat in die agtergrond kan in blend sodat jy kan fokus op die “saam wees” tussen vrinne, dan is TT heel gepas. Die waiters pla nie onnodig nie, die musiek is nie te hard nie, die ambiance is nie styf en ongemaklik nie, hulle het nie ‘n “poser” spyskaart nie (dus bied dit gemaklike kos wat enige een kan eet) en hulle is heel aanvaarbaar geprys. As ‘n groot groep (met verkillende smake) bymekaar gaan kom, kan TT vir almal, behalwe die snobs, cater.

  10. Skoor says:

    Hey Love of Light! Jammer ek lees jou nou eers hier raak.

    Trumpet is lekker, maar ek het een klagte, en dit is dat die badkamers al hoe meer na Afrika begin lyk. Dis flippen grillerig, veral vir ‘n vrou om in so ‘n plek te gaan. Dit laat my wonder watter soort mense daar uithang as ek gaan slaap…

  11. skoor says:

    Ai.
    Ai.
    Ai.
    Nuwe menu. Nie te bad. Maar om net een keuse van sap te he terwyl 3 op die spyskaart is, steek my Sondag sommer wind-uit.

    En n waitress wat nogal vir oorseese toeriste die volgende se, toe hulle haar vra of hulle mag bestel: ‘no, I’m not your waiter!’ Ek dog ek skaam my. Meisie, wees vrinnelik en bied aan om hulle waiter te gaan roep, my donir!

    En iemand anders se eier op my ‘gewaste’ vurk laat my maag bietjie-bietjie draai!!!

    Trumpet, nee man!! Jissie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.