EUROPA – PLEINSTRAAT, STELLENBOSCH

As dit ‘n wind-stil somersaand in die Eikestad is, neig mens maar om iewers op ‘n sypaadjie plaas te neem, en jou oor te gee aan die kullinere ervarings wat hier gebied word.

Dus was die sypaadjie van die nuwe plek, Europa, heel aanloklik toe ons kos  soek Saterdag aand.

Die spyskaart is propvol watertand geregte.  Baie Italiaans met al die pastas en pizzas, en sowaar ‘n sushi verskeidenheid wat skrik vir niks.

Die wyne op die lys is duur, die diens is maar redelik gemiddeld, en hulle sal moet sokkies ooptrek om te kompeteer met Roman’s Take Away Pizza verder in die straat af!  Europa se pizzas is droog en gladnie mooi op die oog as dit voor jou neergesit word nie.  En as ‘n pizza se chilli, dan verwag ek chilli.  Ek kon nie eens dit opspoor nie.

Die sushi was gladnie ‘wow’ nie, en ek oordeel graag ‘n sushi sjef op die bordkuns wat in hierdie geval nie bestaan het nie.

Soos ek se, die wegneem plekke verder in die straat af, bied beter waarde vir geld, en is lekkerder.

Ek sal weer gaan, maar net as ek genooi word, en nie hoef te betaal vir daardie kos nie!

Europa

Pleinstraat

Stellenbosch

2 Responses to EUROPA – PLEINSTRAAT, STELLENBOSCH

  1. mnr.muller says:

    Die plek lyk altyd botleeg as ek daar verbystap. Dis jammer, want dis eintlik heel goed geleë; duidelik is hulle nie on par nie.

  2. Skoor says:

    Heita mnr M!

    En toe is hulle toe. Altyd sad as ‘n plek dit nie maak nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.